title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Innovasie en tegnologie: Slim oplossings vir uitdagings in landbou
Die meeste Suid-Afrikaanse produsente gaan gebuk onder die gevolge van droogte, en is bekommerd dat die afgelope seisoene ’n voorsmaak bied van ’n toekoms wat deur klimaatsverandering beïnvloed word. En om dinge te vererger, dra onvoorspelbare kommoditeitspryse en ’n immer veranderende ekonomie verder by tot die uitdag...
http://www.proagri.co.za/innovasie-en-tegnologie-slim-oplossings-vir-uitdagings-landbou/
2016-12-07 09:36:53
Vooruitsigte vir brandstofpryse
http://www.proagri.co.za/vooruitsigte-vir-brandstofpryse/
2016-12-22 12:47:11
Maak ’n duik in jou dieselrekening met TLU SA
Diesel is broodnodig op ’n plaas, maar het ’n manier om mens warm onder die kraag te maak as die pryse so onbestendig is. Soos die ongeluk dit wil hê, word voertuie en trekkers dikwels volgemaak net voor die pryse gedaal het en wanneer die pryse die hoogte inskiet, moet daar iewers anders besnoei word. Diesel is dus ni...
http://www.proagri.co.za/maak-n-duik-jou-dieselrekening-met-tlu-sa/
2016-12-13 14:15:36
Monsanto se “Dis mos mielies!” word met sorg voorberei
Net buite Lichtenburg op pad Coligny toe staan ’n reuse aanleg met die naam ‘Monsanto’, op een van die skuurmure geskryf. Hier vind een van die belangrikste prosesse plaas om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker. Dit is die Thobontle-aanleg, waar hoogs gespesialiseerde saad, propvol van die jongste Monsanto-saad...
http://www.proagri.co.za/monsanto-se-dis-mos-mielies-word-met-sorg-voorberei/
2016-12-13 17:46:41
Shell beloon veilige vervoer van diesel
deur Anina Peens “Ek is ’n trokdrywer, want my pa was ’n trokdrywer en my broer ook, so dit is ons trots en dit is wat ek wil doen.” Dean Wicks staar senuweeagtig voor hom uit. Op die toetsbaan voor hom is ’n kollega besig om die reuse dieseltrok agteruit tussen ’n paar konkas en kegels deur te parkeer. Dean kners op s...
http://www.proagri.co.za/shell-beloon-veilige-vervoer-van-diesel/
2016-12-14 07:43:40
Die droogte is nog nie iets van die verlede nie
Sosiale media en die nuus het die afgelope paar weke gegons oor die reënval wat oor dele van die land voorgekom het. Wydverspreide goeie reën het egter oor groot dele van die land nog nie voorgekom nie, en die droogte is nog nie iets van die verlede nie. Volgens Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, lyk r...
http://www.proagri.co.za/die-droogte-nog-nie-iets-van-die-verlede-nie/
2016-12-01 13:59:29
Beesvleispryse versterk
Plaaslik bied die verswakkende rand en dalende slagsyfers, sowel as gunstige weerstoestande ondersteuning aan beesvleispryse. Internasionaal word hoër beesvleispryse vir die res van 2016 voorspel, volgens ABSA Agri Trends. Plaaslik Beesvleispryse het week-op-week effens versterk gedurende die week van 22 November. Prys...
http://www.proagri.co.za/beesvleispryse-versterk/
2016-12-05 13:30:45
TOYOTA in topposisie
Toyota Suid-Afrika het nog ‘n topposisie in die mark vir kleinhandelverkope met verkope van 10 088 voertuie in November 2016 losgeslaan. Klasbeste vertonings is deur verskeie van Toyota se kernmodelle gelewer, waaronder die Corolla Quest (1 137), Fortuner (1 135), RAV4 (462) en Avanza (420), wat Toyota bo-aan die afdel...
http://www.proagri.co.za/toyota-in-topposisie/
2016-12-05 12:56:52
Daar is nie iets anders nie, net ’n SCANIA
Scania se betroubare vragmotors sal enige groenteboer opgewonde maak. “Dit is belangrik om ons produkte tydig en vars op die mark te kry en beheer daaroor te hê. Dit is ook hoekom ons ons eie vervoer het,” sê Johan Greyling van Aqua-boerdery, buite Christiana. Hy is die derde geslag op die plaas, Aqua, waar daar op gro...
http://www.proagri.co.za/daar-nie-iets-anders-nie-net-n-scania/
2016-12-13 13:03:40
Hernude beroep om droogtehulp
Boere in sekere dele van die land gaan steeds gebuk onder die negatiewe effek van die droogte en sukkel om te oorleef. “Agri SA het die afgelope jaar verskeie inisiatiewe van stapel gestuur om behoeftige boere landswyd van droogtehulp te voorsien. Die tekort aan fondse het nou aanleiding daartoe gegee dat Agri SA nie v...
http://www.proagri.co.za/hernude-beroep-om-droogtehulp/
2016-12-19 09:36:51
Dom Boer se lag vir die dag:
Johannesburg ‘n Minibustaxi jaag oor die rooilig voor Dawie se motorfiets in. Hy swaai wild uit om ‘n botsing te voorkom, maar ry in ‘n brandkraan vas en word oor die motorfiets se stuurstang gesmyt sodat hy soos ‘n vrotvel in die afvoersloot beland. Met ‘n vuil gesig, besmeerde klere, ‘n bloeiende gat in sy kop, ‘n di...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-249/
2016-12-06 11:34:10
Krone dra die wêreldkroon vir balers
Landboutoerusting staan aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling en die mededinging is kwaai wanneer die bestes met die bestes vergelyk word. Baie boere en maatskappye het al probeer om die baalmaakrekord te oortref, maar die Krone Comprima dra na vier jaar steeds die kroon met sy onbetwiste wêreldrekord van 149 ...
http://www.proagri.co.za/krone-dra-die-wereldkroon-vir-balers/
2016-12-13 15:52:52
LNR stel 24 ste jaarverslag bekend
Die Landbou Navorsingsraad (LNR) het pas hulle 2015/16-Jaarverslag bekend gestel en sleutelaspekte van navorsing en ontwikkelingsinisiatiewe vir die jaar uitgelig. As gevolg van lae reënval en swak grondtoestande, is die grootste deel van Suid-Afrika nie geskik vir die produksie van gewasse nie, net 15% van die land is...
http://www.proagri.co.za/lnr-stel-24-ste-jaarverslag-bekend/
2016-12-07 14:14:01
Dom Boer se lag vir die dag:
Wysheid uit ervaring Dawie tree na dertig jaar diens by die Poskantoor af. Tydens sy afskeidsparty vra die baas: “Wel Dawie, wat is die belangrikste ding wat jy in die dertig jaar by die Poskantoor geleer het?” Dawie: “Betaal asseblief my pensioentjek in my bankrekening in – moenie hom pos nie.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-253/
2016-12-19 09:08:00
Rooipoenskop is propvol voordele
Groot kruisteelvoordele is in die pragtige, dieprooi Rooipoenskopbeesras saamgevat. Alhoewel daar maar min Rooipoenskoptelers in die land is, hou veral die ras se dubbeldoeleienskappe groot voordele in vir kommersiële beesboere. Rooipoenskop: Die vleisras met melk Die Rooipoenskop is ’n veelsydige dubbeldoelras. Dit is...
http://www.proagri.co.za/rooipoenskop-propvol-voordele/
2016-12-14 15:17:44
Dom Boer se lag vir die dag:
Oeps! Adam is ‘n geniale kind, maar hy vorder nie goed op skool nie. Sy onderwyseres dink die probleem is dat hy eerder soos ‘n gewone, gemiddelde kind behandel wil word en saam met sy maats wil speel as om met verwondering oor sy buitengewone begaafdheid hanteer te word. Sy ontbied ‘n sielkundige om met Adam te praat....
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-265/
2016-12-20 16:55:02
Agri SA se besturende direkteur vereer
Omri van Zyl, besturende direkteur van Agri SA is hierdie jaar deur CEO Global as ‘n “Continental Winner” op hulle prestige Gala-dinee by die Midrand Konferensie-sentrum aangewys. CEO Global, ‘n organisasie- en professionele dienstemaatskappy, fokus daarop om Afrika se voorste talent te identifiseer. Omri van Zyl is di...
http://www.proagri.co.za/agri-sa-se-besturende-direkteur-vereer/
2016-12-06 09:35:13
NWK vol verwagting oor nuwe seisoen
Ná vier droogteseisoene wat die westelike somerproduksiegebiede opeenvolgend getref het, het NWK die eerste ses maande tot 31 Oktober steeds teen ʼn matige wins afgesluit. Die huidige vervreemding van sekere verliesmakende besighede van die groep – sowel as ʼn verwagte normale produksieseisoen wat voorlê – sal egter help...
http://www.proagri.co.za/nwk-vol-verwagting-oor-nuwe-seisoen/
2016-12-19 08:45:30
Oorlewing van vee tydens die droogte
Deur Prof. HO de Waal, Universiteit van die Vrystaat Die seisoene het wel gedraai, maar kort voor Kersfees 2016 is groot dele van Suid-Afrika nog vasgevang in ‘n knellende droogte – die ergste wat hierdie veekundige in vier dekades gesien het. Koerante haal boere selfs aan “Droogte so erg, die rysmiere het al weggetrek...
http://www.proagri.co.za/oorlewing-van-vee-tydens-die-droogte/
2016-12-21 07:27:38
Dom Boer se lag vir die dag:
Affirmative action in aksie Dit het regtig gebeur: My neef oor die selfoon aan Telkom nadat hy ure ten duurste moes aanhou met aaklige geraasmusiek in sy ore: “My Telkom-landlyn is buite werking. Hier was verlede nag ‘n erge storm. Die wind het ‘n hele paar bome omgewaai wat op die telefoondrade geval en dit op verskei...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-250/
2016-12-07 11:19:22
Die ProAgri-lesersopname 2017
Word deel van die erkende geloofwaardige opname onder kommersiële boere. Ons bied drie opsies: 1.Koop vrae in die opname 2. Skenk ‘n prys en geniet erkenning as borg 3. Hoofborg Koop vrae in die ProAgri-lesersopname Die meeste maatskappye besef dat hulle soveel as moontlik inligting oor hulle kliënte moet bekom vir beh...
http://www.proagri.co.za/die-proagri-lesersopname-2017/
2016-12-02 10:51:46
BRAZseed brei uit in Suid-Afrika
BRAZseed, die bekende saadmaatskappy van Brasiliaanse afkoms, is ’n leier in weiding in Afrika. Met hulle oortuiging van weiding is wins, is hulle veral bekend in Suid-Afrika en hulle het verspreidingspunte regoor die land. Die gras kan met ’n proteïeninhoud van 18% gebaal word en die planttyd is vanaf September tot ei...
http://www.proagri.co.za/brazseed-brei-uit-suid-afrika/
2016-12-14 15:07:19
Vordering met reservistebedeling verwelkom
Agri SA verwelkom die aankondiging van die waarnemende Nasionale Kommissaris van Polisie dat al nege provinsies kan voortgaan met die werwing van reserviste vir die 2016/2017 finansiële jaar, volgens die polisie se operasionele behoeftes. “’n Goed funksionerende reservistestelsel sal bydrae tot die polisie se bevorderi...
http://www.proagri.co.za/vordering-met-reservistebedeling-verwelkom/
2016-12-07 11:25:16
Weerpatrone se invloed op kultivarontwikeling en -keuse
In ons produkontwikkeling probeer Monsanto om oplossings te vind wat dit vir produsente makliker kan maak om uitdagings te bestuur. Monsanto se navorsing fokus op die verbetering van produktiwiteit van boere, ongeag die grootte van hulle onderneming en die manier waarop hulle verkies om voedsel te produseer. “Ons produ...
http://www.proagri.co.za/weerpatrone-se-invloed-op-kultivarontwikeling-en-keuse/
2016-12-19 10:33:15
Dit lyk nie goed nie! Voorspelling vir brandstofpryse sal jou nekhare laat rys
2017 gaan ’n moeilike jaar vir motoriste wees! Die Automobiel Assosiasie (AA) verwag ’n reeks brandstofprysstygings in die nuwe jaar. Die AA het Donderdag gesê data – wat nog nie geoudit is nie – wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is, het stewige prystygings vir alle soorte brandstof aangedui. Petrol sal na v...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dit-lyk-nie-goed-nie-voorspelling-vir-brandstofpryse-sal-jou-nekhare-laat-rys/
Drie lekker wenke vir Kersoorskiet
As jou energie ná ’n dag van kook agter die Kerspotte getap is en daardie volgende dag nog potte vol oorskiet oor is, kan jy die familie nogtans bederf met ’n feesmaal. Hier is raad van Huisgenoot en YOU se kosredakteur, Carmen Niehaus. Varkboud Sny die vleis in repies. Braai saam met ui en knoffel in bietjie olie tot ...
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/3-lekker-wenke-vir-kersoorskiet/
2013-12-20 00:00:00
Maak jul eie reënmeter
Vakansie-doending vir die dag: Bly julle in ‘n somerreënvalstreek? Gebruik dan die ekstra tyd wat jy saam met jou kinders het om ’n reënmeter te bou en hulle aan die wilde, onvoorspelbare wêreld van meteorologie bekend te stel . . . Julle het nodig 2 L-plastiekkoeldrankbottel klippe water maskeerband liniaal pen of don...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/huis-dekor/maak-jul-eie-reenmeter/
Vakansiepret: Bou ’n Kers-legkaart
Het jy al ’n interaktiewe legkaart gebou? As jy eers begin, wil jy nooit ophou nie! Die legkaart hieronder bestaan uit 45 stukke en is ’n skildery van die geboorte van Christus deur die Vlaamse kunstenaar Hugo van der Goes, wat in die 15de eeu geleef het. Kyk hoe vinnig jy dit kan bou! (Wenk: As jy vasbrand, kan jy op ...
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vakansiepret-bou-n-kers-legkaart/
Hoe om tyd (en energie) vir jou maat te vind in ’n huis met kinders
Die lewe is deesdae belaglik dol, veral as jy kinders grootmaak. En al word dit “vakansie” genoem, kan die feestyd die stresvolste tyd van die jaar wees. Dis werk, partytjies, familieverpligtings en besoeke van vriende. Intussen probeer jy tyd maak vir gim toe gaan. ’n Mens het skaars genoeg tyd om toilet toe te glip, ...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verhoudings-leefstyl/hoe-om-tyd-en-energie-vir-jou-maat-te-vind-in-n-huis-met-kinders/
Die swaar en die lekker van ’n gemeenskap genaamd Karatara
Jy kan jou maklik verbeel dis ’n toneel uit Dalene Matthee se Kringe in die Bos. Droë takke kraak onder ons skoene en die twee broers se koppe draai soos hulle die boomtoppe bekyk. “Dis ’n ysterhoutboom dié,” sê Ben Zeelie (75) en beduie met ’n hand grof van jare se werk met ’n byl en saag. “Sy hout word vir enige meub...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/die-swaar-en-die-lekker-van-n-gemeenskap-genaamd-karatara/
Bekende ma sterf ’n dag ná haar dogter se dood skokgolwe die wêreld in stuur
Fliekveteraan Debbie Reynolds het ’n dag ná haar dogter, die aktrise Carrie Fisher, se dood gesterf. Die 84-jarige Singin’ in the Rain-ster is Woensdag 28 Desember gehospitaliseer nadat sy by haar seun Todd Fisher se huis ’n beroerte gehad het. Sy het glo reëlings vir haar dogter se begrafnis getref toe sy siek geword ...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-ma-sterf-n-dag-na-haar-dogter-se-dood-skokgolwe-die-wereld-in-stuur/
Vermy só sonbrand dié Desembermaand
As Desembervakansies vir jou sinoniem is met luilekker dae op die strand of langs die swembad, maak seker jou vel word goed teen die son se strale beskerm. Die son rig meer skade aan as wat jy vermoed en is nie die paar weke van ’n sonbruin vel werd nie. Dr. Marianne Duvenage, dermatoloog van Pretoria, sê die beste son...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/vermy-so-sonbrand-die-desembermaand/
Nege watertandresepte vir jou nuwejaarsvieringe
Deegvlegsel Dit is net die ding vir wanneer jy vir ’n vinnige lekkerny lus is. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 20 min. 400 g skilferkorsdeeg, gekoop 1 eier, geklits 150 g cheddarkaas, gerasper 250 g repiesspek 80 ml (⅓ k) bruinsuiker sout en vars gemaalde peper 1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Voer ’n ...
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/nege-watertandresepte-vir-jou-nuwejaarsvieringe/
Hoe gemaak met ’n vakansieromanse?
Ná ’n byna eindelose jaar breek die langverwagte Desembervakansie aan. Jy geniet jou dae op ’n plek weg van die huis af, waar jy kan ontspan en luilekker dae en soel someraande geniet. Boonop is daar ’n bonus – ’n oulike enkelloper met dieselfde vakansiebestemming as jy. Wat is dan nou lekkerder as ’n vakansieromanse, ...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verhoudings-leefstyl/hoe-gemaak-met-n-vakansieromanse/
Huisgenoot Mobi
Die voormalige 7de Laan-aktrise Diaan Lawrenson en haar man, die akteur Jody Abrahams, kan nie wag om hul eerste Kersfees in die mooie Kaap te vier nie. Die egpaar, wat vroeër vanjaar van Johannesburg na die Moederstad verhuis het, gaan Kersfees tuis in die Kaap deurbring saam met hul skattige sesjarige dogter, Olivia,...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/familie-vriende-kuier-en-stilte-vir-diaan-lawrenson-en-haar-man-die-feestyd/
Huisgenoot Mobi
Ná die popster George Michael se skielike dood op Kersdag het talle weer begin verwys na die sogenaamde ‘Vloek van 2016’. En nie sonder rede nie – volgens die webtuiste inquisitr.com is dit die dodelikste jaar op rekord vir bekendes. Die jaar het al nagenoeg 40 sterre geëis. En daar is nog vyf dae oor voor die nuwe jaa...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/2016-amptelik-die-dodelikste-jaar-nog-vir-bekendes/
Malmesbury-polisieman en gewilde sangeres se neef sedert Oukersaand vermis
Deon Gaston Dumas (57), ’n polisieman van Malmesbury en die neef van die sangeres Jennifer Zamudio is vermis. Jennifer op haar Facebookblad ’n plakkaat van die Pink Ladies-organisasie, wat soektogte na vermiste persone loots, gedeel en haar aanhangers gevra om op die uitkyk te wees vir haar neef, wat op Oukersaand spoo...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/malmesbury-polisieman-en-gewilde-sangeres-se-neef-sedert-oukersaand-vermis/
Wonderlike nuus vir Olimipiese swemheld!
Suid-Afrika se Olimpiese swemkampioen Cameron van der Burgh het pas aangekondig hy is verloof aan sy jare lange meisie, die Griekse skoonheid Nefeli Valakelis. Die swemmer het die blye nuus in die sosiale media gedeel saam met pragtige foto’s van die twee waar hulle vakansie hou in die Switserse Alpe. “Myne vir altyd…s...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/wonderlike-nuus-vir-olimipiese-swemheld/
2016-12-22 19:11:49
#SpeelSaam: Die skattige krimpvarkie-legkaart is net vir jou!
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/speelsaam-die-skattige-krimpvarkie-legkaart-is-net-vir-jou/
Bekende SA radioman vertel van roerende ervaring buite wyle George Michael se huis
“Om voor George Michael se huis te staan, was die mees onwerklike ervaring”, sê Ian Bredenkamp, bekende radio-oproeper en man van die aktrise en aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp. Ian is tans op ’n besoek aan Engeland waar hy ook by die ontslape popster George Michael se huis ’n draai gaan maak het. George is op Kersda...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-sa-radioman-vertel-van-roerende-ervaring-buite-wyle-george-michael-se-huis/
Joe Foster praat oor sy hartseer en besielende Kersfees langs die kus
Hierdie Kersfees gaan Joe Foster omring wees deur goeie vriende, maar hy gaan sy ouers, Johan (62) en Jannette (61) Vorster (Foster is Joe se verhoogvan), en sy sussies, Gerda van Pletsen (27) en Rennette van der Merwe (35), baie mis terwyl hy langs die kus is. Johan, ’n mediese dokter, herstel by hul huis in Honeydew ...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/joe-foster-praat-oor-sy-hartseer-en-besielende-kersfees-langs-die-kus/
2016-12-15 09:12:52
Huldeblyke stroom steeds in ná jong Boishaaier se tragiese dood
’n Roudiens word hierdie komende Vrydag in Caledon gehou vir die jong rugbyheld Jannie Fourie wat Saterdag in die vroeë oggendure in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad aan sy brandwonde beswyk het. Jannie het Vrydag gehelp om ’n reuse-brand in die Caledon-omgewing, waar sy familie ook ’n plaas het, te bestry toe hy na...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/huldeblyke-stroom-steeds-in-na-jong-boishaaier-se-tragiese-dood/
Huisgenoot Mobi
Die sanger Elvis Blue is baie opgewonde oor die Kerstyd en ná ’n besige jaar sien hy uit daarna om die feestyd saam met sy gesin deur te bring. Wat beplan jy oor die Desembervakansie? Daar is twee groepe mense in my lewe. Die een groep is my band en die ander groep is my familie. Dié Desember maak ek en my band geraas,...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/elvis-blue-deel-sy-kersplanne/
Noodsaaklike rugoperasie wag op Solidariteitman se vrou
Dit gaan onder omstandighede goed met Lise Brink. Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, sê Lise het ’n goeie nag agter die rug. Danksy haar meer stabiele toestand sal Lise Vrydagmiddag noodsaaklike chirurgie aan haar rug ondergaan. Dit is nog onduidelik wat die prosedure behels. Die prosedure sou reeds Donder...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/noodsaaklike-rugoperasie-wag-op-solidariteitman-se-vrou/
Moordklag teen Mundolene Vosloo se stiefma laat vaar
Marietjie Vosloo (33), wat na bewering haar stiefdogter, Mundolene (17), in Oktober vanjaar in Mauritius doodgeslaan het, gaan nie meer van moord aangekla word nie. Haar man en Mundolene se pa, Mike (46), vertel daar is reeds in die hof in Mauritius beslis dié klag mag nie meer teen haar ingestel word nie. Marietjie ga...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/moordklag-teen-mundolene-vosloo-se-stiefma-laat-vaar/
Toets jou Kerskennis met ons interaktiewe Kersvasvra!
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/toets-jou-kerskennis-met-ons-interaktiewe-kersvasvra/
Man skiet ses in bordeel omdat sy gunsteling-prostituut ‘besig was met ander kliënt’
’n Man van Brasilië is aangekeer nadat dit aan die lig gekom het hy het ses mense, insluitende sy “gunsteling-prostituut” in ’n bordeel doodgeskiet omdat sy kwansuis besig was met ’n ander kliënt. Daily Mail berig William Roberto Ferreira Costa (27) se jaloesie het die oorhand gekry toe hy by die Leo Drinks kroeg en bo...
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/man-skiet-ses-in-bordeel-omdat-sy-gunsteling-prostituut-besig-was-met-ander-klient/
Die nuwe jaar hou groot dinge in vir die komiese Piet Pompies en sy vrou
Desembermaand is vir die meeste mense vakansietyd, “maar vir die meeste kunstenaars is dit die peak-tyd vir vertonings”, sê die sanger en vermaaklikheidskunstenaar Piet Pompies. Piet is self die maand op toer met optredes van Kimberley tot die Strand, waarna hy sy toerbussie se neus in die rigting van Mpumalanga gaan s...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/die-nuwe-jaar-hou-groot-dinge-in-vir-die-komiese-piet-pompies/
Kind se tragiese verdrinking in Vaalrivier ruk gemeenskap
Die gemeenskap in Kuruman in die Noord-Kaap is geruk ná ’n vyfjarige se verdrinking in die Vaalrivier. “Philip Jacobs was Vrydagmiddag besig om buite die gesin se huis langs die Vaalrivier te speel toe die voorval gebeur het,” sê Kol. Emelda Setlhako, polisiewoordvoerder. “Hy (Phillip) het gespeel terwyl sy pa buite ge...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kind-se-tragiese-verdrinking-in-vaalrivier-ruk-gemeenskap/
Juanita du Plessis verklap haar perfekte Kersdag
Vir die sangeres Juanita du Plessis beteken Kerstyd twee dinge: Gehaltetyd saam met die familie en rus! Huisgenoot het by haar gaan inloer om te hoor wat haar feestydplanne is. Wat beplan jy om in die Desembervakansie te doen? Ek gaan dit net rustig vat. ’n Bietjie lees en DVD’s kyk, lekker eet, en kosbare en nodige ty...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/juanita-du-plessis-verklap-haar-perfekte-kersdag/
Kyk watter gewilde grapjas gaan trou!
Nog ’n bekende het oor die Kerstyd verloof geraak! Die gewilde grapjas Jonathan van Radio Raps is een van die dae ’n getroude man! Jonathan, oftewel Rikus de Beer (31), het Maandagmiddag sy vriendin van bykans ’n halwe jaar, Kaylee van der Bergh (23), by ’n romantiese lodge net buite Hoedspruit gevra om te trou. En sy ...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-watter-gewilde-grapjas-gaan-trou/
Huisgenoot Mobi
Wat veronderstel was om ’n gelukkige dag op die strand te wees het ’n bitter hartseer nadraai gehad. ’n Tragiese toneel het hom afgespeel by die Glentana-strand op die gewilde Tuinroete in die Wes-Kaap toe ’n pa en sy 10-jarige dogter deur gevaarlike sleurstrome die see ingetrek is. Die NSRI het vroeër Donderdag gewaar...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sleurstroom-tragedie-tref-plaaslike-vakansiestrand/
Vrou verkoop positiewe swangerskaptoetse aanlyn, maak geld soos bossies!
Dit klink dalk na ’n vreemde item om aanlyn te bemark, maar ’n swanger vrou van Florida aan die ooskus van Amerika maak lekker geld vandat sy haar swangerskaptoetse aanlyn begin smous het. Die vrou, wie se naam nie bekend is nie, skryf aanlyn dat sy swanger is en die geld wat sy insamel gebruik om haar studies te bekos...
http://www.huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/vrou-verkoop-positiewe-swangerskaptoetse-aanlyn-maak-geld-soos-bossies/
Leser se hartverskeurende brief oor soeke na liefde ná jare van mishandeling
Ná jare van mishandeling soek sy ’n nuwe maat, maar haar ‘letsellyf’ hou haar steeds terug, skryf ’n leser in haar vyftigs aan Huisgenoot. Ek was ’n dekade lank getroud met ’n man wat my aangerand en mishandel het. Dit was so erg dat ek nou baie skaam is vir my liggaam. Ek het letsels op my bene en sal nooit ’n rok of ...
http://www.huisgenoot.com/ons-mense/leser-se-hartverskeurende-brief-oor-soeke-na-liefde-na-jare-van-mishandeling/
Wat op aarde het geword van ‘Fiela se kind’?
Wie van ons wat op skool Dalene Matthee se boeke moes lees, sal Fiela Komoetie en haar grootmaakseun, Benjamin, ooit vergeet? Die akteur Jan Ellis het baie ervaring opgedoen met hierdie rol, eers in die teaterproduksie Fiela se Kind, waar hy die jong Benjamin gespeel het, en later in die fliekweergawe deur Katinka Heyn...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/wat-op-aarde-het-geword-van-fiela-se-kind/
Gewilde sangeres word ma en deel twee skattige foto’s!
Die sanger Pink (37) het een van die beste kersgeskenke ooit gekry toe sy vir die tweede keer ma word. Pink, oftewel Alecia Moore, het Maandag saam met haar man, Die BMX-jaer Carey Hart, die geboorte van hul jongste, Jameson Moon, aangekondig. Die gewilde kunstenaar het haar seun aan die wêreld bekendgestel via die sos...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/gewilde-sangeres-word-ma-en-deel-twee-skattige-fotos/
2016-12-28 22:31:33
Moedelose leser maak hart oop: ‘My man se drankprobleem skeur my huwelik uitmekaar!’
Hoe voel dit as alkohol ’n huwelik uitmekaarskeur? In ’n anonieme brief aan Huisgenoot vertel ’n leser van die stryd weens haar man se drankprobleem. Ek wens daar was ’n naam – iemand wat ek kon verwyt, vir wie ek kon kwaad wees. Ek sou ’n gesig by die naam kon sit en beter voel, hoe verkeerd dit ook al is; ek sou haar...
http://www.huisgenoot.com/ons-mense/moedelose-leser-maak-hart-oop-my-man-se-drankprobleem-skeur-my-huwelik-uitmekaar/
Huisgenoot Mobi
Die somer is hier: Swem-tyd, waartlemoen-tyd en luilekker vakansiedae om in die son te balajaar! Jou winterjasse en serpe is weggepak en soos wat die warmer dae aanbreek smag jy na daardie lieflike, vrolike voorkoms. Hannon is die aanbieder van die gewilde TV-leefstylporogram Glam Guru en ons het vir die man wat bekend...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/hannon-se-top-10-mooilykwenke-vir-die-somer/
Video wys hoe man sesjarige ‘aan die nek gryp’ in gesinsrestaurant
Dit is seker enige ouer se grootste nagmerrie. Jy sit lekker rustig en kuier by ’n restaurant. Intussen word jou sesjarige seun in die eetplek se speelarea glo eers deur ’n ander kind geboelie en dan na bewering deur ’n onbekende volwasse man aan die nek gegryp, teen die grond gegooi en op geskree. Terwyl dít gebeur lo...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/skokvideo-wys-hoe-man-sesjarige-aan-die-nek-gryp-in-gesinsrestaurant/
Vakansiepret: Doen ons vinnige woordsoek!
Daar is sekere name en woorde wat ons seker altyd met 2016 sal verbind. Twaalf van hulle is in hierdie soekblok weggesteek – kyk hoe vinnig jy hulle kan opspoor! Om jou te help, is daar ‘n leidraad vir elke woord onder die soekblok. So werk dit Die meeste woorde loop van links na regs en van bo na onder. Hier en daar l...
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vakansiepret-doen-ons-vinnige-woordsoek/
Groot nuus oor Serena Williams
Tenniskampioen Serena Williams het haar verlowing aan die tegno-reus Alexis Ohanian aangekondig. Die 35-jarige atleet het die opwindende trounuus onthul toe sy Donderdag op Reddit, die kletswebtuiste, ’n gedig gedeel het – haar verloofde het immers in 2005 gehelp om die webtuiste van stapel te stuur. Serena skryf: “Ek ...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/groot-nuus-oor-serena-williams/
Maak seker jou tieners beskik oor dié vaardighede voor hulle die nes verlaat
Gaan hy dit maak in die aanloop tot die grootmenswêreld? Sal sy kan kers vashou by ander jong vroue wat nou skielik “volwasse” moet wees? Dis die soort vrae wat ouers vra wanneer hul tiener net ’n paar jaar oor het op skool. Kenners waarsku tieners moet sekere vaardighede onder die knie kry sodat hulle kop bo water kan...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/featured-superma/maak-seker-jou-tieners-beskik-oor-die-vaardighede-voor-hulle-die-nes-verlaat/
Huisgenoot Mobi
’n Kinderlose vrou van ’n plattelandse dorpie in die Karoo het ’n vroeë Kersgeskenk ontvang toe ’n wildvreemde vrou by haar opdaag en ’n papbabatjie in haar arms druk. “Na soveel miskrame wat ek met leë hande uit die kraamsaal loop, het ek berus by die feit dat ek nie ’n baba beskore sal wees nie,” vertel Sunette*. “Gr...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/god-stuur-baba-na-kinderlose-vrou-in-die-karoo/
Vier mengeldrankies waarmee jy jouself kan bederf op Oujaarsaand!
Stap 1: Sny die lemmetjies in die lengte deur om kwarte te vorm. Sny die wit van die lemmetjie, waaraan die pitte gewoonlik vas is, af. Dit help die lemmetjiesap om makliker uit te vloei en hou die bitterheid uit jou drankie.Stap 2: Gooi die kwarte (omtrent een tot twee lemmetjies per drankie, afhangende van hoe sappig...
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/drankies/vier-mengeldrankies-waarmee-jy-jouself-kan-bederf-op-oujaarsaand/
Vakansieblokraai: Hoe goed ken jy jou Kersliedjies?
Wat is nou lekkerder as om dié tyd van die jaar los te trek met Kersliedjies, van kleintyd se Halleluja-liedjies tot Boney M wat in supermarkte weergalm? Kyk hoe goed jy jou Kersliedjies ken met ons spesiale Kersdag-blokraai. Rol tot onder die blokraai om invul-riglyne te sien. Gaan so te werk Die rooi leidraad is die ...
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vakansieraai-hoe-goed-ken-jy-jou-kersliedjies-24-desember/
Die natuur se spa - wend dit só aan
Jy kan heelwat put uit die natuurlike skoonheidmiddels wat die natuur tot ons beskikking stel. Suurlemoen Skoonheidseienskap: verhelder Gebruik as: reinigingsmelk BESTANDDELE 250 ml (½ k) gewone jogurt 15 ml (1 e) sonneblomolie 20 ml (1½ t) vars suurlemoensap AANWYSINGS Meng al die bestanddele. Bêre dit in ’n bottel in...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/die-natuur-se-spa/
Man met konstante kloppende hoofpyn bly om eindelik te weet wat’s fout
Daar is heeltyd ’n geraas in jou ore – soms klink dit soos druisende water, ander kere soos jou hartklop. Partykeer raak jy so uitgeput en duiselig dat jy dae lank net plat op jou rug lê. Die skril hoofpyne is altyd daar. Dit voel of jou brein te groot is en uit jou skedel wil bars, kompleet asof jy ’n breingewas het ....
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/man-met-konstante-kloppende-hoofpyn-bly-om-eindelik-te-weet-wats-fout/
Twee grotes in die Binnelanders-familie sterf
Die span akteurs, vervaardigers en tegnici van die gewilde kykNET-sepie Binnelanders is Maandag geskud deur die skoknuus dat hul vervaardiger, Friedrich Stark, en storielyn-skrywer Elsabé Roux albei Sondag dood is. Die oorsaak van nóg Friedrich nóg Elsabé se dood is al bekendgemaak. Buiten sy rol by Binnelanders was Fr...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/twee-grotes-in-die-binnelanders-familie-sterf/
Jong rugbykaptein (14) sterf tragies ná hy in vlamme val
’n Jong rugbykaptein (14) aan die Hoër Jongenskool Paarl, is Saterdag oorlede nadat hy ernstige brandwonde in ’n veldbrand buite Caledon opgedoen het. Netwerk24 berig Jannie Fourie, kaptein van die skool se o.14A-rugbyspan, het van agterop ’n bewegende bakkie die vlamme help beveg, maar in ’n fratsongeluk het hy van di...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/jong-rugbykaptein-14-sterf-tragies-na-hy-in-vlamme-val/
Gru-ongeluk tussen bus en taxi eis minstens 12 lewens
’n Gru-ongeluk net buite Worcester in die Wes-Kaap het vroeg Saterdagoggend die lewens van minstens 12 mense geëis. [UPDATE] 12 killed in collision between bus and taxi on N1 outside of #Worcester – https://t.co/Jp0KDKOA2r pic.twitter.com/ws8FMtXcMR — ER24 EMS (Pty) Ltd. (@ER24EMS) December 24, 2016 Volgens Werner Verm...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gru-ongeluk-tussen-bus-en-taxi-eis-minstens-12-lewens/
Wonderlike nuus vir Steve Hofmeyr en sy vrou
Steve Hofmeyr gaan vir sesde keer pa word! Die gewilde sanger het die blye nuus vroeg op Kersdag op sy Facebookblad bekend gemaak. Steve (52) en sy vrou, Janine (38), het aangekondig hulle gaan hul eersteling saam in Julie 2017 verwelkom. Die baba het glo ook reeds ’n naam: Romy-Lee. Die sanger, reeds die pa van Charis...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/wonderlike-nuus-vir-steve-hofmeyr-en-sy-vrou/
2016-12-22 08:47:58
Die boere se keuses is gemaak - so wat sê die vroue wat huis toe is?
Ai. Dit bly maar net onaangenaam om te sien hoe die vroue huis toe gestuur word. En dit is veral hartseer omdat hulle almal so verskriklik gaaf en oulik is. Hoe moet ’n boer dan nou kies, wonder jy week na week. Ná die boere in verlede week se episode ’n bietjie gehaltetyd saam met die vroue kon deurbring moes hulle in...
http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/die-boere-se-keuses-is-gemaak-so-wat-se-die-vroue-wat-huis-toe-is/
Jy sal skaars glo wat dié agt beroemdes eens moes doen om geld te maak
Bryan Cranston Voor sy tyd in Malcolm in the Middle en Breaking Bad het Bryan gewerk by ’n maatskappy, Great Expectations, en afsprake vir mense help reël. Dié ster het onlangs teenoor die Britse geselsprogramaanbieder Graham Norton onthul dat hy video’s gemaak het van kandidate se profiel en ’n onderhoud gevoer het me...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/jy-sal-skaars-glo-wat-die-agt-beroemdes-eens-moes-doen-om-geld-te-maak/
Laat die seelug jou hare kroes? Hier is raad
Dis salig: son, seesand en draairoomys. Ná ’n jaar se harde werk begin jy al weke voor die tyd na jul seevakansie uitsien. A photo posted by KAROLÍNA MACASOVÁ (@kaji_mac) on Jun 28, 2016 at 11:30am PDT Daar is net een probleem: Die seelug en jou hare is nie maats nie. Dit krul, kroes of draai in al die rigtings waarin ...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/laat-die-seelug-jou-hare-kroes-hier-is-raad/
2016-06-28 18:30:57
Stop! sê die rooi lig. Maar weet jy enigsins hoekom?
Daar is ʼn alledaagse item in stede en groter dorpe te bespeur wat as vanselfsprekend aanvaar word: verkeersligte. Maar het jy al ooit gewonder waar dit vandaan kom en hoekom juis daardie drie kleure ingespan word om verkeer te help reguleer? Die inspirasie daarvoor is afkomstig van ʼn stelsel wat sedert die 1830’s deur ...
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/stop-se-die-rooi-lig-maar-weet-jy-enigsins-hoekom/
Platsak? Hou die kleingoed met dié gratis aktiwiteite besig
Die langverwagte vakansie is hier en nadat jy al jou verlore slaap ingehaal en programme op DStv se Catch Up gekyk het, is jy gereed om ’n aktiwiteit of twee aan te pak. Maar o genade, jou bonus is reeds besig om dun te raak nadat jy al jou skuld vereffen het en ná die hap wat die Kersgeskenke daaruit gevat het, is daa...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/raad-superma/platsak-hou-die-kleingoed-met-die-gratis-aktiwiteite-besig/
Wat is sekondêre verdrinking?
Ma’s het genoeg bekommernisse; wat nog van ’n kind wat kan verdrink sonder ’n druppel water in sig? Ongelukkig is sekondêre verdrinking lewensgevaarlik, en as jy die tekens betyds raaksien, kan jy ’n tragedie voorkom. Sekondêre verdrinking verwys na wanneer ’n klein bietjie vloeistof ingeasem word en die longe irriteer...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/wat-is-sekondere-verdrinking/
Vakansiegangers, pasop! Seetoestande gevaarliker as gewoonlik - so kom jy uit ’n sleurstroom
Sterk seestrome hou ’n groot bedreiging in vir baaiers terwyl die nuwemaangety Donderdag inkom. Vir baie vakansiegangers is dit nie nuus nie – News24 berig minstens 14 mense is Maandag reeds gered by Clifton se tweede strand, Bakoven, Kampsbaai en Melkbosstrand, in onderskeie voorvalle. Die nuwemaangety het Donderdag o...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vakansiegangers-pasop-seetoestande-gevaarliker-as-gewoonlik-so-kom-jy-uit-n-sleurstroom/
Huisgenoot Mobi
Dis genoeg om enige baaier nagmerries vir weke te gee. Stel jouself voor jy staan rustig op die strand, gereed om in die branders te baljaar, tot jy ’n reusehaai tussen die vlak branders gewaar. Dit is presies wat Eugene Arendse op ’n strand by Strandfontein naby Kaapstad oorgekom het. Arrive Alive het ’n video wat Eug...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-hoe-swem-reusehaai-bitter-na-aan-strandfontein-se-strand/
Angelique Gerber vertel van haar vreugde al is sy nog ver van die huis af
Die Feestyd bly haar gunsteling-tyd van die jaar al is die aktrise Angelique Gerber, deesdae ’n nooi Potgieter, vir ’n derde keer weg van die huis af. Haar man, die rugbyspeler Jacque Potgieter, speel die hele Desember vir die Japanese klubspan Munakata Sanix Blues en die nuwe ouers het daar vir hulself ’n spesiale Ker...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/angelique-gerber-vertel-van-haar-vreugde-al-is-sy-nog-ver-van-die-huis-af/
2016-12-10 04:00:01
Nuusvasvra: Hoe goed het jy in 2016 opgelet?
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/nuusvasvra-hoe-goed-het-jy-in-2016-opgelet/
Jou sterre vir Maandag, 26 Desember 2016
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Jupiter en Uranus is haaks; verwag vandag ontwrigtings. AS JY VANDAG VERJAAR Probeer in 2017 die balans regkry tussen georganiseerd en spontaan wees. En jy hoef nie te voel jy moet altyd reg wees nie. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Ramme kan ware heethoofde wees en...
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-26-desember-2016/
Is jou kind verslaaf aan rekenaarspeletjies?
Is jou kind (of dalk selfs jy self) verslaaf aan rekenaarspeletjies? Help jou kind om minder rekenaarspeletjies te speel deur dié wenke met hom te deel. Jy kan self ook ’n paar dinge doen wat jou kind sal help om sy speletjieverslawing te oorkom. Hou tyd Skryf neer hoe lank jy elke dag rekenaarspeletjies speel en tel d...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/is-jou-kind-verslaaf-aan-rekenaarspeletjies/
Huisgenoot Mobi
Jy beter sorg dat jou siel teen 4 Oktober 2026 gered is. Op daai dag gaan ongelowiges meteens oplet dat al hul bekeerde vriende, kollegas en familielede eensklaps soos mis voor die son verdwyn het. Ja, die wegraping gaan op dié Sondag net minder as tien jaar van nou af plaasvind. Dis nou as jy Johannes Coetzee van Nels...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/koes-die-wegraping-kom-dan/
Dis ’n ekstra spesiale Kersfees vir Kurt Darren
Kurt Darren en sy vrou, Dunay, geniet vanjaar hul eerste Kersfees as ’n gesin van vier. Hierdie sal hul babaseun, Kade se eerste Kersfees wees saam sy ousus Kyrah (2). Huisgenoot het ’n bietjie by Kurt gaan hoor wat hierdie feestyd op hul rooster is. Wat beplan jy om in die Desembervakansie te doen? Terwyl julle vakans...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/dis-n-ekstra-spesiale-kersfees-vir-kurt-darren/
2016-11-24 06:01:05
Huisgenoot Mobi
’n Geregtelike nadoodse ondersoek is geopen nadat polisielede Woensdag wat vermoed word om dele van ’n menslike skelet te wees, in ’n kloof tussen Pacaltsdorp en Thembalethu gevind het. Verbygangers het Maandag op ’n kopbeen in ’n bos afgekom en die polisie hiervan verwittig. Luitenant kolonel Eric Julies van die Themb...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/polisie-krap-kop-na-gruvonds-in-george-omgewing/
Jou sterre vir Donderdag, 29 Desember 2016
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Danksy die nuwemaan is dit die ideale tyd om ’n skoon blaadjie om te slaan en nuut te begin. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is dol daaroor om op die hoogte van die jongste nuus te bly. In 2017 moet jy meer diplomaties en meer bewus van jou eie binneste te wees....
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-29-desember-2016/
Is Britney Spears dood?!
Asof 2016 nog nie genoeg bekendes sien sterf het nie, wou dit in die doodsnikke van die jaar voorkom asof nóg ’n geliefde sangeres omgekom het. Die internasionale musiekagentskap Sony Music moes Maandag bontstaan nadat kuberkrakers glo toegang tot hul Twitter-rekening — met meer as 600 000 volgelinge — gekry het en get...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/is-britney-spears-dood/
2016-12-26 04:42:37
#HGwenk: Hoe kan ek oorskietkos vries?
’n Mens staan verstom oor die dubbele werk wat deur so baie huishoudelike produkte verrig kan word: Tandepasta wat nie net tande kan skoonmaak nie, maar ook DVD’s, silwergoed en goud. Hier is ’n paar slim vriesplanne met oorskiet- en maklik bederfbare kos: SUURLEMOENE Druk die suurlemoene uit en giet die sap in ysbakki...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/wenke/hgwenk-hoe-kan-ek-oorskietkos-vries/
Jou sterre vir Vrydag, 23 Desember 2016
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Die sterre is gunstig vir ’n koöperatiewe benadering wat feestydvoorbereidings betref. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is verantwoordelik en georden; daarom floreer jy daarop om dinge gedoen te kry. Van nou tot Oktober 2017 moet jy jou op die uitbreiding van jou...
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-vrydag-23-desember-2016/
Leser se vertelling oor haar pa se dood sal jou koue rillings gee
Baie mense het voorbodes wanneer dit by die dood kom. Een leser het so verhaal met Huisgenoot gedeel. Op ’n plaas buite George lê my pa ernstig siek met maagkanker. Ek woon in die Kaap, maar hoor in die middel van die nag my pa roep. Ek maak my man wakker en sê ek voel ek moet George toe gaan, maar ek het nie vervoer n...
http://www.huisgenoot.com/ons-mense/leser-se-vertelling-oor-haar-pa-se-dood-sal-jou-koue-rillings-gee/
Hierdie koekies smeek om gebak te word - agt lipleklekker resepte
Sjokolade-biscotti Dis mos nou die perfekte peuselhappie vir tee- of koffietyd! LEWER 30 Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 40 min. 500 ml (2 k) meel 125 ml (½ k) kakaopoeier 5 ml (1 t) koeksoda ’n knippie sout 120 g botter, versag 250 ml (1 k) strooisuiker 2 eiers 100 g neute, gekap 100 g sjokoladeskyfies 180 ml versiersuik...
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/gebak/hierdie-koekies-smeek-om-gebak-te-word-agt-lipleklekker-resepte/
Huisgenoot Mobi
’n Kaapstadse sakeman is twee maande nadat hy oënskynlik ontvoer is, gevind. Naushad Deshmukh, van Athlone in die Moederstad, is in Thornton gevind en ontvang nou mediese behandeling nadat hy laat Woensdag gevind is. Naushad is na bewering aan die einde van Oktober ontvoer en is nou met sy familie herenig. Hy is glo bu...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ontvoerde-kaapse-sakeman-twee-maande-na-verdwyning-gevind/
Kleuter sterf ’n week ná sy en haar tweelingboetie in swembad val
’n 23 maand oue dogtertjie is tragies dood nadat sy en haar tweelingboetie Dinsdag in ’n swembad by hul huis in Kellyville Ridge buite Sydney in Australië geval het. Charli Manago en haar broer, Robbie, is albei die aand van 20 Desember bewusteloos in die familie se swembad gevind, berig Daily Mail. Daar word vermoed d...
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kleuter-sterf-nadat-sy-en-haar-tweelingboetie-albei-in-swembad-val/
Keer só om nie (te veel) gewig aan te sit hierdie vakansietyd
Sodra die Desembervakansie aanbreek, eet jy meer as wat jy moet, jy sit gewig aan en wanneer die nuwe jaar aanbreek, is jy vasbeslote om dit weer af te skud. Studies toon mense sit gemiddeld tussen 0,5 en 1 kg oor die feestyd aan. Dit klink nie na veel nie, maar ’n artikel wat verlede jaar in die wetenskaptydskrif Phys...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/keer-so-om-nie-te-veel-gewig-aan-te-sit-hierdie-vakansietyd/
Solidariteitman se vrou dalk op Kersdag geopereer, toestand steeds kritiek
Lise Brink, vrou van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. is steeds in intensiewe sorg. “Haar toestand is kritiek maar stabiel”, sê Ernst Vorster, woordvoerder van Helpende Hand. “Danie waak langs haar bed in besoektye en doen verder sy bes om hul kinders, Mieke (15), Johann (10) en Da...
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/solidariteitman-se-vrou-dalk-op-kersdag-geopereer-toestand-steeds-kritiek/
Neels van Jaarsveld neem ’n blaaskans, maar sy gholfstokke beslis nie!
Die akteur Neels van Jaarsveld span hierdie Desembervakansie welverdiend saam met vriende en familie uit. Maar sy gholfstokke gaan beslis nie ’n ruskans kry nie! Neels toon sy vernuf op Devonvale: A photo posted by Neels van Jaarsveld (@neelsvanjaarsveld) on Sep 1, 2015 at 9:27pm PDT Neels, wat onlangs te sien was in d...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/neels-van-jaarsveld-neem-n-blaaskans-maar-sy-gholfstokke-beslis-nie/
2015-09-02 04:27:05
Kiekies van dié verliefde en ‘identiese’ paartjie het mense op hol
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kiekies-van-die-verliefde-en-identiese-paartjie-het-mense-op-hol/
2016-12-13 16:18:13
Wat beteken daardie instruksies op klere-etikette nou eintlik?
Daar’s hoofsaaklik twee soorte mense wat klere koop: dié wat eerste na die was-instruksies kyk en dié wat roekeloos leef en dit geheel en al ignoreer. As jy in die eerste groep val, is die kans goed dat jy soms ‘n pragtige kledingstuk op die rak terugsit, want die was-instruksies om dit so mooi te hou is net so moeilik...
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/wenke/wat-beteken-daardie-instruksies-op-klere-etikette-nou-eintlik/
Derick Hougaard se eerste Kersfees alleen saam met sy seuns
Vanjaar sal die oud-Springbokrugbyspeler Derick Hougaard se eerste Kersfees alleen saam met sy twee seuns wees. En hy is omtrent uit sy vel van opgewondenheid om dié dag saam met sy en die sangeres Karlien van Jaarsveld se twee blondekop-bulletjies deur te bring. Derick en Karlien is in Oktober verlede jaar geskei. Dan...
http://www.huisgenoot.com/bekendes/derick-hougaard-se-eerste-kersfees-alleen-saam-met-sy-seuns/